Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Heer, ek dra in liefde hierdie kind van U aan U op
Hy is altyd reg met woord en daad om ons te help
Heer, soveel van sy jare wei hy aan U
Soveel van sy tyd gebruik hy om U te eer
Martin, ek bid jou toe nog ‘n lang lewe in Sy spore
Ek bid jou toe ‘n oor om Sy antwoorde te hoor
Ek bid jou toe dat jy Sy sagte Hand op jou skouer sal voel
Ek bid jou toe dat jy Sy wonderdade mag aanskou
Vir my beteken jy ‘n meer as ‘n diamant
Die woord swaer pas nie by jou want jy is ‘n vriend
Mag jy die geduld vind om op jou drome te wag
Mag jy elke dag ‘n rede vind om hartlik te lag
Mag jy elke dag die kans kry om jou geliefdes se nabyheid te voel
Mag jy elke dag herinner word aan jou lewensdoel
Voorspoed is wat ek vir jou vra
En die Here se nabyheid om jou te dra
Sommiges reken 50 is die teken dat jou lewe draai
Mag jy net die wind voel wat deur jou gedagtes waai
Geniet die lewe wat aan jou geskenk word
Behou die wapenrusting wat jou lewe omgord
Dink terug en onthou dit wat goed was van die verlede
En hou jou oë gevestig op die Here
Vir baie is jy baie spesiaal
‘n steun pilaar vir geliefdes




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar