Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou jou nie weer sien,
gewonder, wat jy soek?
myself belowe, ek wou jou nie weer sien!

Ek’t nie geweet, wat om te doen,
wat om te verwag. . . ek soek distansie,
jy weet dis wat ons albei nodig het!

Ek wil jou nie weer sien!
Verstaan dit nou, ek bedoel dit!
Hoeveel keer moet ek dit uitspel?

Hoeveel keer, my hart laat skeur,
hoeveel kanse in die lewe verbeur,
wanneer gaan ons leer, as ons nie probeer?

Ek wil jou nie weer sien!
Ek kan dit nie meer hanteer,
Hoekom laat ek toe, dat my hart regeer?

Is alle hoop, vir ons toekoms verlore,
nie vir ons twee beskore?
Wat ek voel,kan ek nie meer hanteer!

Is dit die realiteit, my liefde in ‘n erde kruik?
Weg gebêre, toegedraai, soos ‘n lyk?
‘n droom. . . ‘n verlore droom?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi gedoen! Wens jou alle sterkte en geluk vir die toekoms toe . .
11 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar