Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


ons word gebore in ’n taal
deel van van jou kultuur
deel van jou gene...

’n volk vol vokale
kinders vol klinkers
om ’n taal in tyd te hou
aan te pas maar nie verander
om uit een mond te praat
uniek te bly in karakter
maar nooit ’n norm of ’n reël

’n vryheid medium
wat kan vloei en vorm
wat kan ragiet wees en buig
nooi in ’n vorm gehou word
nooit besit word deur ’n klas
maar bewaar word ...
vir ’n volk

om aanmekaar te sit
om voort te bou aan die taal
om woorde in die volk se mond te lê
om betekenis en identiteit te hou
en om dit oor te dra met trots...

met vaardigheid...

maar ek soek in die kas vir hoekstene
ek vind ek is verblind...
deur die akademiese reuse
wat kreatiewe denke smoor
wat met groot woorde
niks nuut het om by te dra
die woorde word met meer vaardigheid
en met meer behendigheid toegepas
maar word daar regtig iets nuut bygedra?

ek dink ons moet weer teruggaan na die ontdekkers
die woordvoorspellers en die storievertellers
die groot woord avontuurlustiges
en die woord kunstenaars
die sonder norm narre
wat vry denkend vind...
soekend is na iets nuut

saam met die reuse
kan staan in ’n taal
waar almal welkom is
almal saam kan skryf
almal saam kan praat
saam kan deel in letterkunde en letterkuns
maar tog dit toeganklik hou vir jonk en oud
vir klein en groot

ek dink ons moet besef dat taal nie ’n simbool van status is
dat dit ’n medium is om te skep, te bou en te breek
dat dit ’n muur is om te stop en te beskerm
dat dit gat is waarin alles kan wegraak
dat dit ’n ontvlugting is vir die siel en vir die gees
dit is jou lewenslyn tot in die hemel
jou verlede tot in jou toekoms
jou weg na waarheid en na oorwinning

jou taal is my taal
jou hart is my hart
jou toekoms is my toekoms...
sing stef bos...
en ek sing saam
ons is een volk
ons is een mond
ons het een erfenis
ons taal


So noodsaaklik soos die bloedsomloop vir die liggaam is, so noodsaaklik is die sirkulasie van gedagtes vir 'n volk. Die sirkulasie van gedagtes; dis die vrye uitspreek van eie mening en die aandagtige luister na die mening van ander, sodat 'n wisselwerking ontstaan...
~ N.P. van Wyk Louw
- Liberale nasionalisme, 1958

Die poësie is 'n knooppunt van vele kragte, die roerlose punt tussen vele spannings: van tydsgebeure en tydeloosheid, van intellek en drif, van eensaamheid en werking na buite, van 'n absolute skoonheid en die stof van die daaglikse taal; so dan ook is dit die knooppunt van 'n eie persoonlikheid se strewe en 'n volk se bestaan.
~ N.P. van Wyk Louw
- Dankwoord by die toekenning van 'n eredoktorsgraad deur die Rijks-universiteit van Utrecht, 20 September 1948

Die wêreldliteratuur is 'n volle orkes - nie 'n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is 'n aparte instrument met 'n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word 'n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade.
~ N.P. van Wyk Louw
- Inleiding tot JPJ van Rensburg se vertaling van Die vroue van Troje deur Euripides, 1945

Afrikaans kan vitaal bly alleen solank hy die draer van ons volle noodlot, van ons wete-na-albei-kante-toe bly; solank hy konkreet en abstrak bly dink; solank as Europa en Afrika in hom lewe; Afrika wel, maar tog ook altyd Europa.
~ N.P. van Wyk Louw
- Vernuwing in die prosa, 1961

Daar is geen edeler plesier as die intellektuele omgang met mense wat totaal anders dink as jy nie - wat ander dele van die eindelose rykdom van die waarheid tot hul besit gemaak het...
~ N.P. van Wyk Louw
- Weegskaal, 1982

Die een Verskriklike wat ons moet vrees, is die stilte wat oor die wêreld sal neersak wanneer daar nie meer binne die volke gepraat sal word nie, gestry, geredeneer nie; en die volke self teenoor mekaar nors en stil en sonder gesprek soos groot roofdiere sal lê.
~ N.P. van Wyk Louw
- Liberale nasionalisme, 1958




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek dink dis 'n lieflike vers!! Ons mooie taal!!
6 jaar 4 maande 1 week 5 dae 10 ure oud


Taal
Pins of boemelaar, ons praat en bid hom, hierdie taal van ons!

sê hom!***
6 jaar 4 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


Help asseblief
Ek kon nie anders as om vanaand baie gefrustreerd te probeer om 'n baie mooi gedig te skryf oor ons wonderlike taal en my absolute gebrek aan letterkunde my net weereens besef het dat mens vrydenkende mense kry en dan denkendes met die akademiese vaardighede en die linker en die regterbrein braai nie gewoonlik saam nie, maar dis lekker as die een kan braai en die ander die slaai kan maak. So kan ek nou alle regter en linker breine nooi om hier te verander aan hierdie rowwe klomp woorde. Hier is letterkundiges, letterkunstiges en letterlikes...kom ons speel saam.
Almal is welkom om hulle opinies te gee oor die gebrek aan letterkunde in die gedig, maar gee ook asseblief voorbeelde van hoe julle dit sou doen.

Ek hoop om baie te leer van kundiges.

Baie dankie.
6 jaar 4 maande 1 week 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar