Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My status nou eers sober,
stotter, skryend skandelik
soos 'n vloek vir jou vae verstaan
van vigs uit my siel.

Ek wil vir jou 'n liedjie sing.
Gifte bring.
Jou met liefde om en om kring.
Jou nek afwring.

'n wiegelied vals...
Soet akoorde in die moer gefnuik.
Wellustig die dodewals
vir die debutant gedans.

Slaap nou mamma se kindjie.
Hier aan my boesem gesmoor in sondevog.
Slaap nou mamma se kindjie
so stil sonder adem in my sondevog.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Wiegelied....
Nog 'n WOW van ook af! My kakebeen hang ook op die vloer oor die gedig. Jy het 'n gawe om so met die woorde te speel en te skommel en 'n pragtige gedig daarvan te maak. Well Done Gerry!
13 jaar 4 weke 1 dag 7 ure oud


'n wiegelied in MIV majeur
Rosalta

MIV verwys na Menslike Immuniteitsgebreksvirus- (Engels HIV). Majeur is 'n musiekterm. Komposisies word bv. in G majeur gespeel. Hierdie is 'n wiegelied in MIV majeur. Ek kan nog praat oor die titel maar ek hoop hierdie verduideliking help.

Gerry
13 jaar 1 maand 1 week 1 dag 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar