Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek staar verwonderd
na waar die wolke in die see wegsink
en die son net-net wil verdrink.

Al hierdie mooi
in een dag voltooi
alles op dag twee.

As die wind stormagtig branders oor die see skuif
soek my oog in die vêrte na Jesus se skuit

helder hoor ek Sy stem die wind vermaan
en dit word rustig in my onstuimige hart

my oë fynkamp die waterspieël agter branders
na die spore van Jesus, met almag getrap

en ek weet waarom my eie voete
my vandag gelei het
na waters waar rus is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waters van Rus
"..en die son net-net wil verdrink."
Hierdie is baie mooi gestel!

(fynkamP?)
5 jaar 8 maande 5 dae 8 ure oud


Waters
Baie mooi geskryf.
5 jaar 8 maande 5 dae 9 ure oud


Na waters
sjoe dis baie spesiaal hierdie ... pragtig gepen Bets
5 jaar 8 maande 1 week 16 ure oud


Pragtig!
Ek voel sommer nou spesiaal, ... (-:
5 jaar 8 maande 1 week 23 ure oud


Waters van rus
Dit is so sielsalig mooi, baie goeie gedig hierdie vriendin :)
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


waters
Bets op haarv beste. hierdie is n gediggie wat sekerlik n ereplek in n gedigte gallery verdien
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Na waters waar rus is . . . foto 2
Wat 'n goeie vooruitsig
"en ek weet waarom my eie voete
my vandag gelei het
na waters waar rus is."
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


Van ontstuimge see na waters van rus!
"en ek weet waarom my eie voete
my vandag gelei het
na waters waar rus is."


5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar