Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mense glo nou dat as iemand
soos Eugene Terreblance
so wreedaardig vermoor kon word
dit vir elke blanke wag
en dat swartes jeuk
om te roof, in stukke te kap
en blankes te onteer
en vrouens te verkrag
en dat die regering dit propageer.

Daar word gedink
dat plase en huise
op dieselfde manier
as in Zimbabwe met geweld
gesteel gaan word
en talle mense wil nou
weg na die buiteland toe vort
om nie hier verarm te word
om in ‘n plakkerskamp te moet bly.

l’Envoi
Vriende en geliefdes van my
wil die nag van die lang messe vermy
wat hulle uit die geskrifte
van siener Van Rensburg kry
maar nog is die Een
wat by Bloedrivier kon red aan my sy.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek sien Chris Hani se moord nie gelyk aan Eugene Terre'blanche se moord nie, want voor Eugene is meer as 3000 ander boere vermoor! Daar is nie eers oor die hele tydperk van apartheid soveel swartes vermoor nie en dan praat ons nog nie eers van blankes wat in die stede vermoor word nie. Hierdie is 'n tragedie vir die Afrikaner volk!!!
9 jaar 8 maande 1 week 2 ure oud


Hoor hoor! Ons God is almagtig en Hy sal ons beskerm!

(Siener was nie 'n 'waarsegger' nie....hy was waarskynlik 'n groter Christen as wat ons kan wens. Ek stem wel saam dat mense te veel op Siener staatmaak en te min op God vertrou.)
9 jaar 8 maande 1 week 14 ure oud


Dis vir my ironies dat mense aan Siener van Rensburg glo..terwyl die BYBEL mense VERBIED om aan waarseggery te glo. DAn roem hulle hulself tot Christene, sit voor in die kerk en huigel, maar hulle geloof word op 'n siniese ou man met sy eie kennis geplaas. Dan vergeet hulle die riglyn wat hulle MOET volg.....laat my dink aan 'n versie...my volk gaan ten gronde aan 'n gebrek aan kennis.

Ek se nie die gebeure van die laaste tyd is skokkend nie, ek se nie dat ons rede tot kommer het nie, maar ek voel ons moet ons volk aan die Here opdra. Hy het nog altyd ons beskerm maar dit het ook tyd geword dat ons ons van afgode moet bekeer(Waarsgsters, geld, ens)

Slag my oor my stelling, maar dit is hoe ek voel. Cat
9 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar