Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek doop my brood in die asem
van die dood
kyk hoe die druppels my
vingers met vet
bevlek
daar is dimensies anderkant my
begrip – veelbesproke eindpunte wat in
skerwe bars
rekenskap word van my verdeelde self
geëis

die liggaam verwelkom
disseksie
teen dagbreek is alles oud en vol stof
maar stemme omvou steeds
elke skerf
vervalste
vrede

met bewegings op die solder en ’n gesig
wat in die lem weerkaats
verwyder ek die eiereg van hierdie
projeksies

selfvernietiging ontaard
in die bloedbad van ’n honderd siele wat besete
hardloop om die bek van die gedrog
wat drome verslind betyds
te haal

iemand was sy hande in hul sweet
en sê: “ek het geen deel aan hulle
dood nie”




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nagmaal in die onderbewuste
Baie intens, my gunsteling deel is; "met bewegings op die solder en ’n gesig wat in die lem weerkaats verwyder ek die eiereg van hierdie projeksies" Jou gedigte is epies.
4 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


nagmaal
sjoe.. jou gedig PRAAT met my... Staande applous

Die slotvers laat my aan Pilatus dink wat sy hande in onskuld wou was....
4 jaar 5 maande 3 weke 2 ure oud


nagmaal
Jou eerste vers spreek boekdele.
4 jaar 5 maande 3 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar