Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

snags as seenimf ligvoet oor water dans
sag huil oor elke mens-verspeelde kans
in maanlig se sagte glans
bring met eb en vloed weer natuurlike balans

met dartel skuimvlerke fraai
van pure genot haar seelied uitkraai
saam met die nagwind rondomtalie draai
daar in die wegsteekbaai

in haar hare is seewier ingevleg
met skulpe versier want die lewe is nie net sleg
somtyds gebeur dinge net reg
en raak die seerkry sommer net weg

so ligvoets kom die nagnimf van die see
om sag oor skulpstrande te sweef
mensekind se hartseertraan af te vee
stil saam te stap op nuwe droom weë

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nagnimf
Voorwaar skitterend beskryf ! Pragtig !
5 jaar 8 maande 6 dae 14 ure oud


2
Mmmmmm mm sy maak gereeld 'n draai daar in my mooiste baai!
Pragtig, sowaar pragtig!!
5 jaar 8 maande 1 week 13 ure oud


See
ja, die see kan die mensegees vertroos of onstuimig maak. Soms terapaie, soms nie!
Mooi uitgebeeld!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


Die see
Dag en nag gee die see vir ons soveel mooi en rustigheid al word hy soms woedend
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


Nagnimf.
Weereens onse Anze op haar beste! Sa en teer. Ek kan amper die nimf sien dans op die golwe.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Hierin
Hierin lees ek hoop. Ek kan die vrou amper sien dans.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


Nagnimf`
Mens voel die sagtheid van die see se sagte geruis oor die strand in jou woorde Het die see moontlik jou woorde uitgespoeg of was dit die ssenimf self?
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


Nagnimf
Die sagtheid vanself.
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Kommentaar
Onoortreflik mooi en sielvol gedoen .
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


nagnimf
Dis regtig baie mooi :)
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


nagnimf
Anze jy het jouself weer absoluut oortref met hierdie een. ek hoor eintlik die branders dreun
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


nagnimf
Ai vriendin dis net so mooi. Nou wil ek see toe na my dogter toe. Nou wil ek met my voete in die water staan en die sand deur my tone voel spoel.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 2 ure oud


nimf
Beslis is die lewe nie net sleg nie...daar is altyd hoop op beter en mooier...soms moet mens net weet hoe en waar om te kyk...
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Nagnimf
So magies verskyn sy met haar empatie! Jy skep so 'n misterieuse atmosfeer en 'n positiewe afwagting met die goeie wat altyd sal seevier! Sommer puik saam met die foto'tjie!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar