Gedigte

Titel: Naguil
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die afrikaanse naguil klink vanaand
uit my mond
as sy meer aards
en nags as ’n bromvoël roep:
O Heer vergewe ons.

Het jy geweet (vra hy slim op Gautengs)
'n naguil is g’n uil nie.

Wat maak dit tog saak
wat of hoe wys
wie roep?
- almal in Afrika hoor sy vraag
en wag op die antwoord
van die groot gees.

Hy lewe in die klip en sand
en mense
van die donker land.
Hy is die gras en saad,
die ingroei-toonnaels van die kremetart;

As impala-lelie se blommetjies
en die rubberskille van maroelas
saam kring om sekelbosvure,
erken sy ook die duiwelshand
as ons sing:

O Heer, vergewe ons.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
mal oor jou laaste 7 reels
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


naguil
baie diep gedig! die boodskap duidelik....en hartseer
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Ek is nou wel nie 'n naguil nie,
maar die Afrika in jou gedig laat my diep terugverlang. Dis pragtig geskryf. Al kom ek nie heeltemal by die verstaan uit nie...
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar