Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die donker kamers van jou oë
word die nanag kouer,
meer gesonke
in die iris van insig verweef
as gesigte in rame stil getuig -
sleepvoet spoke
in die pupil van lief en leef
waar alles en ook niks
belangrik is
maar die nadraai tydloos
in somber kykers poel.

© C. Potgieter 2014-05-15



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
Die is goed geskryf.
En jou gebruik van iris pupil kykers dra by daartoe.Jy het die tema mooi deurgevoer.
5 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


.
Jou eerste reel is baie goed.
Het my vir so 'n oomblik laat 'stilstaan'.
5 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


*
Lekker om weer iets van jou te lees.

Bie diep soos gewoonlik, en is die twee slotreels absoluut puik!

10/10!
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 4 ure oud


Hmmmmm
Ek hou van hoe jy hier skryf.
Goed gedoen. :-)
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


nalatenskap
Baie mooi gestel en ek hou hiervan
5 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


***
Uitstekend, Charmain*
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae oud


Sjoe!
Wie het gedink dat iemand uit 'n portret só 'n diep gedig kan skryf? Applous!!
5 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar