Gedigte

Titel: Namibie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eindlose landskappe lê uitgestrek
tot waar horison en blou lug ineensmelt
wit spatsels wolke deur die hemel gevee
verander in skuimende golwe wat die blou bedek

Wildegras wit soos sneeu dans ritmies
tango in die waai van die wind
antwoord fluisterend terwyl hul teen mekaar ril
onwillekeurige bewegings akkuraat, tog liggies

Roesbruin sandduine verskyn magtig groot
straal onbeskryflike stilte oor hul
kaalblink kolossale lywe in die son
magies, tevrede dat hul hier hoort

Gemsbok silhoeët eensaam teen sonsondergang
vul die goue-oranje beeld volledig in die verte
met stille tevredenheid kom als tot rus, in akkoord
die plek ... waarna my hart en hele wese intens verlang



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
My Heimat, my hart ... 'n wonderlike land van kontraste. Goed geskryf.
7 jaar 6 maande 2 dae 22 ure oud


Namibia
Welwitchia Mirabilis - dis hoe diep en waar my wortels is..........
7 jaar 6 maande 4 dae 23 ure oud


Namibia
Dankie vir hierdie pragtige gedig oor 'n besondere land! Die inhoud is meesterlik beskrywend en in geheel goed versorg. Hou baie hiervan!
7 jaar 6 maande 5 dae 10 ure oud


namibië
Baie mooi gedskryf
7 jaar 6 maande 5 dae 10 ure oud


namibie
ek hou ook hiervan, pragtige woordkeuse
7 jaar 6 maande 5 dae 17 ure oud


Iewers lê daar fout op WOES se bediener...My terugvoer is dan weg....
Maar hier gaan ek weer:
Baie mooi...jy het my saamgevoer op 'n ontdekkingsreis waar ek die hele prent mooi sien maar!!!.....die meeste wat my opval, is die rymwerk. Ek hou baie daarvan as iemand tyd spandeer en ag gee op die rymwerk ook....
Baie, baie welgedaan.
7 jaar 6 maande 6 dae oud


die weervoorspelling
hou hiervan
7 jaar 6 maande 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar