Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 180
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 15 Oct 2015
’n vrou wat troosteloos ween.
Die oopbek murasie grynslag
Vir die koms van nog ‘n nuwe dag.
'n Afgebrande plaasopstal vertel ’n hele storie
van Boer teen Brit, se hartseer en se glorie.
Die komando vertrek die donker nag in.
Was dit die einde, of die begin?
In die oë van ‘n seun was sy pa ‘n held,
wat gaan veg vir sy land op die oorlogsveld.
In die oë van ‘n pa word sy seun ‘n man,
op wie hy reken om te doen wat hý nie kan.
Die plaas word ‘n afgebrande oorlogsveld,
maar die seun nie die beloofde oorlogsheld.
Net ’n bang kind wat verskrik weggekruip,
sien hoe die Kakies sy hond versuip.
Die opstal en elke mooi herinnering,
word verswelg deur vlamme tot ’n hersenskim.
Die reuk van roet en verminkte diere is in sy gees gebrand,
maar dieper nog die haat en verwyt
wat skroei deur sy verstand.
Soos die plaasopstal met hol oë,
waar daar eens vrolike vensters was
is sy hele wese nou gloeiende as
© Evanthe 2015
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Goed neergepen.