Gedigte

Titel: Neem My
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

neem my op
in jou kolon
vou my toe
in jou kegel

tel my op
hoog hoog
bo die aarde

neem my weg
oor berge en velde heen
tol met my oor
landskappe see
en vreemde lande

neem my
waar die stilte roep
bokkies en voëltjies
met mekaar kwispel

sit my neer
op die hoogste piek
waar net ek alleen
met die wind kan sing

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

neem my
Pragtige opbou na onverwagte slot. Mooi neergepen.
6 jaar 18 ure oud


neem my
pragtig Ans, so stilte is soms n vereiste in n ou se lewe veral in vandag se gejaagde bestaan.
6 jaar 1 dag 20 ure oud


neem my
hierdie pragtige gdig laat my so dink aan Rina Hugo se sweef soos n arend
6 jaar 2 dae 23 ure oud


Neem my
'n Mooie ruiker vir jou vir dié een!
6 jaar 3 dae 13 ure oud


Neem my
Ek hou van hierdie bevryding. Sal net graag in die middel van die see, alleen op 'n eiland wou wees.
6 jaar 3 dae 14 ure oud


Neem my
sjoe dis nou sielsmooi geskryf.... PUIK vriendin
6 jaar 3 dae 14 ure oud


Neem my
Baie mooi Ans, skep 'n versugting vir ontvlugting, hou veral van die laaste strofe :)
6 jaar 3 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar