Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

- Toe sy hom los
in die wind en reën
het hy daar in die Oubos
swetsend geween -

- het in die groenblaarkalander
se takuitsteek groet,
'n bloukopkoggelmander
gekyk hoe drie rawe
 swart aanstoet -

- en toe hy homself
 wild-oog aan die tak ophang
het 'n van-Gogh-son
deur die shongololo-wolke gebreek -
- en het 'n swartoogtiptol se Tjit, tjit, kyk, nou Kosie-
vermanende sang
oor klug en illusie gepreek.



© Elizabeth Greef - 27/05/2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Net daar in die Oubos! - 'n Drama. ( Foto 1)


Besonders!
5 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


****
Jy mag maar skryf. Jy skets die prentjie pragtig mooi.
5 jaar 8 maande 4 weke 13 ure oud


kalander
Dis sommer 'n uithaler gedig hierdie, Karmenaadjie. Welgedaan. Ek het geen idee watse boom in die foto is nie...hehe.
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Kalander
Ek het, toe Viooltjie van 'n kalander praat/skryf, aangeneem dat dit 'n kalanderboom op die foto is. Maar as dit nie is nie, weet iemand dalk watse boom dit is?
Kalander beteken:
(i) insek wat gedorste koring vreet
(ii) 'n masjien met rolle wat weefstowwe, papier ens glansend maak
(iii) n Bastergeelhoutboom
(iv) wilde hawer met swart saad
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


oubos
wow.. UITSTEKEND!!!!

Rudi .. kalander beteken n insek wat graan vreet.. moes dit ook eers gaan opsoek
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


.
*Stunning!

" n van-Gogh-son "

5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


die weervoorspelling
uitstaande gepen.
(net een vraag: wat is dit met die kalander-woord?....verbeel ek my of word dit skielik ydelik gebruik?)
n Bogemiddeld-vers.
Well done.
*************
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Oubos
Wow! hierdie is 'n wen gedig vriendin :)
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


van Gogh
Corina slaan die spyk
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


van Gogh
dit lyk my oom Vic se skildery is hier die inspirasie? Goed gedoen! Soos altyd.
5 jaar 9 maande 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar