Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis nie die afwesigheid van die streep wat noodwendig die leemte laat nie;
Dis die rede daar agter…
Die afwesigheid van ’n nuwe lewe,
Afwesigheid van nuwe blydskap…
’n Klein bondel van vreugde en al sou daar trane kom, sou dit steeds hoorbaar wees.
Nou is daar net stilte…
Verdowende stilte…

Net een strepie…
Terwyl baie bly sou wees by oogopslag van dit
Is dit andersom vir my
’n Wagtende Sara…
Mara…

…Gebreide sokkies moet weer terug gepak word,
Die Ooievaars-tee agteruit gestel…

Eerste jaar’s verjaarsdag partytjie reëlings, uitnodigings, koek, als uit gestel.
So ook tienerskap, 18de, 21ste, 30ste verjaarsdae, die troue…
Liefdesverhoudings, skinderpraatjies, geheime wat ons sou deel.
Opdress na partytjies: al is dit maar net informeel.

Alles is agteruit gesit volgens God se skedule
Op die ou end moet ons die vrede vat, want Hy alleen ken die formule
Geen dokter tot nou kon jou aanmekaar slaan
Net die Alwetende God wie se gedagtes ons nie kan verstaan
Hy sal tog my hart se verlange sien
En my eendag met jou bedien.

So een strepie… eendag sal jy twee wees.
’n Donker dubbel lyn-
Sal vir my wees die sein
Dat God ons geseën het met jou lewe, klein
Maar kosbaar
Gering,
Maar uniek en raar.
Uitgekies en formeer deur die Ware Lewende God,
Jehovah Jireh is Sy Naam,
So ek neem aan Hy neem Sy tyd met jou spesiale liggaam.

Ek sien uit, my dogter, my vriendin, ons ewebeeld
Wie weet? ’n Maand, ’n jaar of twee?
Eintlik gee ek nie om,
Tot nou het God se genade my verstom!
En hierdie toets, deur Sy krag, maak ons dit deur…
Totdat Hy met Sy Hemelse kwas dai tweede lyntjie inkleur…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie ook aan u
Ja amen! dankie DMJR.
God's RYKSTE seeninge ook op jou en jou naaste se lewe :)
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


Dankie Abbey Dee
... omdat jy sterk bly en moed hou en glo! Ek weet jy weet God se liefde is vír jou vir altyd.
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


Soete Warra-Warra
More vrou van God!

Ja nee ek het ook al gedink om my seun eendag Samuel te noem deur Hanna wat so smekend voor God gelê het... :)
3 miskrame later kan ek nogsteeds sê God is goed vir ons! ek kan ander help want ek het dit deurgemaak. op die ou end bly God se planne net goed. Hy ken van beter.

As ek dit kon deurmaak, kan enige een. God se krag is altyd genoeg.

baie dankie vir u wyse woorde, en die link.
Seeninge bo seeninge aan jou en die fam :)
(bly te kenne)
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


'skuus Abbey Dee ...
... ek het alweer te vinnig getik. Dit moenie GEELHEID lees nie maar wel, LEEGHEID.

§
6 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


---
Jou gedig is 'n !Seer! wat ek maar te goed ken. Jy het daai geelheid van hoe dit is om 'n baba te verloor hetsy dmv. 'n miskraam of dalk vroëe dood so raak vasgepen dat dit voel asof ek weer terug is by al my pêrel`kindertjies. (Jesus gebruik dit vir sy kroon. 'n Gedagte waaraan ek na al die jare nog steeds vas`klou)

Jou gedig neem my terug na Hanna & Elkana toe.

http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?version=1&book=1SA&chapter=1&prev=-2

Dit het nou niks met my of jou te doen nie maar my dogter se seuntjie heet, Samuel [van die Here afgebid ...]
6 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar