Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jan van Riebeeck, Jan
toe jy in die Kaap aankom
was hier nie 'n put, wiel of pad
net maar die Koi en San
se stertriem, kierie en hut
van modderklei en lat
en ja, Hottentot's
skamele brandsiekbees
en San's maag-vasbind
jagtersgees.

Sie-sie, my arme Jan
geen vesting en geen munt
tot gunter
was daar nou net mooi niks
op dese Suiderpunt
om te plunder of te stroop
net 'n wildernis
waar jy pad-oopkap
moes loop

Verder net mooi niks, niks, niks,
(behalwe miskien 'n kaalborsvrou)
wat jy, Jan, vir jou kon vat
al sou jy ook-al
wou!

©Elizabeth Greef - 09/06/2105
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
nice gedoen.
toe was ons land nog beeldskoon en ongerep..
en half onskuldig soos n kind...
en onkorrup?
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


mooi
Ek dink nou weer altyd hoe ontsettend mooi die wêreld daardie jare moes gelyk het. Elke oggend as ek oor die heuwels ry en die Boland berge so om my sien lê dan wens ek ek kon dit sien soos dit tóé was . . . sonder geboue , strate vol karre, lelike fabrieke, lamppale, plastieksakke en wat ook al. Vooruitgang en ontwikkeling het 'n dure prys te betaal. Maar ek is baie dankbaar dat Jan hierheen gekom het, anders was ek ook nie nou hier nie:-). Goeie skryfwerk, soos altyd :-)
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


niks
Voortreflik gepen.
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Niks
Werklik besonders!! Uitstekend gedoen.
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Niks
Hierdie gedig laat my dink...
Briljant gedoen!
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


jan
snaaks dat die agtergeblewenes nog nie die skuld vir alles op die arme man begin pak het nie
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Jan
Baie oulik gepen.
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Net mooi niks!!!
50 jaar gelede het my pa in die Pietersburg distik vir die swartes (in vandag se terme die "BEE's") geploeg. Daar het ek met my eie oë gesien dat stertriem die alledaagse kleredrag was. Hulle kon nie met geld betaal nie, want hulle het nie geld geken nie. Die betaalmiddel was 2 skape vir 'n morg óf 3 bokke vir 'n morg
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


Jan
. . . jy laat my net meer en meer verstom staan . . .
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Net mooi niks!!!

...maar het 'n Afrika-amerikaner nie sommer nog nou die dag agter-os-sambok ingelê oor die gevat, verniel en niks geskep nie? En kyk nou net hoe floreer dit hier by ons met van die agtergeblewenes wat gister nog van twee opslagpampoenrankies af gelewe het terwyl die hele wêreld om hulle woes en ongeploeg nutteloos lê...

Maar, daar is nou darem meer produktiwiteit uit hul tradisie: "Breek af die beelde van die wat daaraan herinner dat hulle kon en ons wou nie; brand af wat deur hulle bedink is wat ons daaraan herinner dat ons inherent verwoesters en nie skeppers is nie. dat..."

(Oupa sê die Ingelse het toeka al geleer jy gee doodeenvoudig net die skuld aan ander om jou eie onvermoeë en mindeerwaardigheid te verdoesel. En Oupa sê dit is waarom ons mense op die grootpad gaan staan en verdwaal het in die poletiek en, sê Oupa sommiges het mos nou maar net die gawe om met gemak die verkeerde aan te leer...)

4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Net mooi
Net jammer die anderes wil dit nie verstaan nie, dit is so eenvoudig. Pragtig
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


Z
En so tussen ons gesê glo ek hulle het wou vat. Goed geskryf.
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


net mooi niks
baie goed gepen
4 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar