Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My kind, ons is ‘n familie met min lelike woorde vir mekaar.
Ons praat mooi met mekaar en geniet tog die lewe dit is waar.
Wanneer krisisse ons tref, skaar dit ons nou bymekaar.
Ons is ‘n familie wat mekaar ondersteun en verstaan.
Die wêreld kan dan maar daar buite ons vergaan.
Ons lewe is in ‘n wentelbaan om mekaar.
Dit is tog wat ons bymekaar skaar.
Of is dit net ek wat so dink, voorwaar.

Soms is dit baie moeilik om ons gevoel in woorde uit te druk.
As die wêreld se lewens krisisse ons van balans af ruk.
Glo ons dat net ‘n drukkie of sms op die regte tyd, baie meer sê.
As die hartseer hier vlak in ons binneste kom lê.
Sê die drukkies presies hoe dit in ons binneste voel.
Of dit is wat hier in ons hartkamers dwarrel en woel.
As ons jou ‘n drukkie of sms gee, glo ons jy weet presies wat ons bedoel.
Ag, somtyds dink ons, ons bereik daarmee ons eintlike doel.

My kind, ek wil tog vir jou ‘n ietsie spesiaal vertel.
Nadat ons ‘n paar keer baie siek was het ons gedink ons is in die hel.
Toe die dokter vir ons sê ons is baie siek, gedink dis einde van ons spel.
Die lewe is eintlik ‘n groot speeltoneel en laat baie van ons verveel.
Dit is wanneer baie van ons mense begin drink en steel.
Ons hoor en sien van dood, korrupsie, maar dit traak ons eintlik nie veel.
Ons is dan eers opgewen en speel elkeen ons eie toneel.
Maar moet nooit toelaat dat die lewe jou verveel.

Elke ding wat in jou lewe gebeur.
Is deur jou Skepper beplan om jou lewe te versteur.
Want alles wat Hy beplan gee aan jou lewe nuwe geur.
Somtyds sal jy dink die lewe is net korrup en stink.
Maar dan is dit net ‘n nuwe lewens toekoms wat vir jou wink.
‘n Nuwe uitdaging waarop jy ‘n heildronk kan beklink.
Maak tog die beste uit die lewens vreugde en genot.
Anders sal jy agterkom dat jy voel baie vrot.

Elke ou einde, het ‘n nuwe begin.
Somtyds maak die lewe vir jou geen sin.
Maar onthou om jou naaste lief te hê en te bemin.
Daarin lê opgesluit die geheim van die lewe.
Want, dit is wat ons leer is van God gegewe.
En is bo ons menslike tekortkominge verhewe.
Geloof in Jesus Christus kan ons sondes genees.
En ons kan struikelblokke en siektes tegemoet gaan sonder vrees.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Net 'n drukkie vir jou my Kind
Die lewe maak maar soms sulke onverwagse besoeke, dat jy net weer op nuut besef, ons is maar afhanklik van daardie onverganklike liefde van God.
6 jaar 1 maand 2 weke 22 ure oud


pragtig.
9 jaar 4 maande 3 weke 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar