Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek 'n hond was
Sou ek my “territory” met urine afgebaken het
En vir jou tot die dood baklei

As ek 'n Arend was
Sou ek by jou waak na jou veertig jaar besluit
En beskerm in die dae wat jou nuwe vlerke moes groei

As ek 'n Pou was
Het ek om jou vere gepronk
En geweet dis net vir my

As ek 'n Dolfyn was
Het ek voor jou geswem en die hakke
Van die visseman vir jou vermy

As ek 'n Wolf was
Het ek jou roepstem oor berge gehoorsaam
En saggies in jou woud gehuil

Nou is ek 'n mens met rede
En wag in vrede
Tot die dier in jou
My kom soek




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

navorsing
Ek het dit werklik geniet, nie baie mense ken die werklikheid oor die Arend en sy ververings proses nie. Jou ander vergelykings ook puik.
10 jaar 7 maande 6 dae 16 ure oud


Net 'n mens
Interessante keuse van diere! Jou wille vis! - M
10 jaar 7 maande 6 dae 19 ure oud


In elkeen van ons is daar 'n dier. Jou woorde is musiek op die ore, dit vertel 'n nimmereindige verhaal van die mens, die natuurlikheid van liefde.

Dis ongelooflik mooi!
10 jaar 7 maande 6 dae 20 ure oud


smile.
grrr!vir jou slot!
10 jaar 7 maande 1 week oud


Emosie
Dis mos hoe jy moet iemand moet voel. Ek hou van die passie.
10 jaar 7 maande 1 week 6 ure oud


Besonderse gedig...iets van die mens-dier drang het my aangeraak. Ek lys hierdie een as 'n gunsteling.

S
10 jaar 7 maande 1 week 14 ure oud


Skitterend geskryf. Dit is nogal bietjie oulik sou ek sê.
10 jaar 7 maande 1 week 21 ure oud


WOW!!!! Dit is stunning. Daar is 'n ru-heid wat saggies deurvleg word met stil woorde!!! WOW!!!!
10 jaar 7 maande 1 week 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Grafte op die Berg

    deur Johannes de Swart

    Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar