Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vat net een Aand
Net een pil man
Sit jou op ‘n trip soos niemand kan
Daai ou se ‘shit’ is goed
Verlede keer was moerse goed

Lekker swaai ons lywwe
Vat nog ‘n pil en nog en nog
Net af en toe doen ek dit
Ek is tog in beheer
Probeer dit voor jy sal verstaan

Alles - Almal is so mooi
Natgesweet
Vol Ernergie
Brein wat braai
Ek sing van tamaties en ywe vars van die strand

Sintuie
Helder sien ek
Lekker ruik
Die branders en die see wat gorrel
Ek sing "Seemeeu vat my saam"

Alles donker
Dood die stilte
My bek skuim wit
My lyf ruk
My ecstacy van korte duur

Nou le ek in die waakeenheid van ‘n staatshospitaal
Die donker om my
‘k hoor geluide
Dis Ma wat roep
Weird want sy’s dan lankal dood

Pa se snik
Dis hy wat se ek’s gegroet
Is hy blind eks nog hier
Lewende stemme wyk
Ek gryp verwoed

Dis so stil
As die doodse donker my kom haal



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dinges Nico!!...Jou beelde en ''gevoels-belewing'' is uitmuntend beskryf!....ek is so bly ek het jou nou raak gelees!!...Welkom op woes!....sien uit na meer griffels uit jou pen!....

ammiemoon
10 jaar 9 maande 6 dae 19 ure oud


Die is 'n briljante gedig die van jou - dit vat net een pil - en eenkeer is genoeg om noodlottig te wees!
10 jaar 9 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


jou woorde skilder pragtig die oordosis van warboel en emosie...
stunning !
10 jaar 9 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


die highs en die lows goed beskryf...
10 jaar 9 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


die realiteit van daardie een pil wat te veel gedrink word... goed beskryf!
10 jaar 9 maande 1 week 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar