Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die wolke weer optrek teen die Outenikwaberg
Dan moet ek net teen die memories en nostalgia verg
Van ons tye by mekaar
Kan jy dit glo dis al meer as ‘n jaar

Dan vra ek waar het gister heen verdwyn
Soms onthou ons nog die pyn
Waar ons spore in die strand se sand
En die liefde vir mekaar wat soms nog in my brand

Waars ons laatnag kuiers heen
En jou kop wat teen my skouer leen
Maar ek besef tye verander
Net soos die lewe van ‘n brander

Ek ry weer af by die Outenikwapas
En die vrae vra my weereens vas
Hoekom het dinge dan so gebeur
Wat kon ek doen om dit te keer

Dan vra ek waar het gister heen verdwyn
Soms onthou ons nog die pyn
Waars ons spore in die strand se sand
En die liefde vir mekaar wat soms nog in my brand

Waars ons laatnag kuiers heen
En jou kop wat teen my skouer leen
Maar ek besef tye verander
Net soos die lewe van ‘n brander

Ek stap een aan laat op Hartenbos se strand
En ek voel weer die vuur wat diep in my brand
Van ons beste tye saam
En jou rooi hare wat so glinster in die maan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

EK HOU HIERVAN.GISTER SELEWE EN LIEFDE MOOI VERWOORD.
(KYK NET DIE SPELFOUTE..SMILE..)
11 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Dis 'n baie mooi gedig, ek kan sommer die seer in jou gedig lees.
12 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar