Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Net vir vandag …
wil ek jou vashou
streel
en aanraak

Net vir vandag …
wil ek lag en
giggel
en kyk na jou

Net vir vandag …
wil ek jou lippe
soen
en handjies hou

Net vir vandag …
wil ek glimlag tot
binne
in jou oë

Net vir vandag …
wil ek my arms
krul
om jou lyf

Net vir vandag …
wil ek jou asem voel
hortend
in my nek

Net vir vandag …
wil ek jou hoor
fluister
in my oor

Net vir vandag …
wil ek jou hand voel
talm
op my heup

Net vir vandag …
wil ek die vuur
aansteek
in jou hart

Net vir vandag …
wil ek die sweet
aflek
van jou skouer

Net vir vandag …
wil ek my naels
inkap
oor jou rug

Net vir vandag …
wil ek jou lus
proe
op jou tong

Net vir vandag …
wil ek jou siel
opsuig
tot in myne

Net vir vandag …
wil ek sien hoe
tril
jou bekken

Net vir vandag …
wil ek jou voel
boor
deur satynlakens

Net vir vandag …
wil ek voorgee jy
is
slegs myne

vir
ewig
en
altyd
plus
nog
‘n
dag




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Net vir vandag
Mooi woorde, maar sooo nie die moeite werd nie. Ek het van jou ander gedigte ook gaan lees en ek maak maar sommer my eie afleidings - sooo nie die moeite werd nie.
9 jaar 5 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


vandag
So baie hiervan gehou, het dadelik jou ander bydraes opgesoek.
Soos dit maar gaan met juwele is hulle maar skaars maar PRAAAT
met my. Doe so voort
9 jaar 5 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


-
Oh, boy, oh boy!
9 jaar 5 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


--
(",) Sizzling Stuff!
9 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud


---
Ek is hooked op die herhaling van "Net vir vandag..."

Tog, nieteenstaande die herhaling, laat dit my op 'n vreemde manier wegraak in die woord, "eternity" ... tydloos ...

'n !Magnificent! vers!
9 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar