Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

* Vir julle om die gedig te verstaan sal ek moet verduidelik , want dit is een van daardie gewaagde ‘ kunsstukke van n kunstenaar ‘ ( nie dat ek myself as sulks beskou nie , nee ) . Net...lucky om lesers te hê .
Julle ken seker die De Deur motorfiets-ryer . En as julle nie doen nie , google die man se hele storie , die liefdesverhaal daaragter is nogal mooi – vir my , anyway : die motorfietsryer wat nog elke een aand n week na die meisie toe ry wat hy dink nog vir hom wag . Jy sien nog sy voorlig kom , dan niks , sy agterlig gaan , en net daar waar die bloudraad was , foep , weg is hy . Dit is amper soos die spookboom in Oos-Transvaal . Behalwe dat hierdie boom n motorfiets is . En dit is waaroor die gedig gaan : die ou en die meisie wat voor haar kamervenster ( wat nou n murasie is ) op sy motorfiete sit , tot hy moet erug gaan , amper soos Aspoestertjie . Ek is nie kan nie onthou hoe sy dood is nie , maar ek het haar gehang . My raad ? . As jy n beter kick soek as om saam met n klomp motoriste elke Woensdag of Donderdagaand langs die pad te staan en wag vir voorlig , niks , agterlig , weg...ry na die ou murasie toe , gaan sit waar haar kamervenster was , en wag


Draad oor die pad gespan
deur die girltjie se pa
vir hier‘ie ou op ‘ie ’ bike ‘
want die ‘ boy van die suburbs ’
was nie goed genoeg vir ha’

Die draad was n tasbare , onsigbare lem
in die kamoeflering van die lug ,
ek skrik vir die slag ,
dan vlek n gedeelte van die niks rooi .
bloed in die dun lug voor my .

Ek besef wat gebeur ,
dat ek moet keer .
Dit gee my n halm om aan te hang
teen die gaping onder my .
Die halm breek .
Ek gil nie as ek val nie ,
aanvaar net gelate .
My wêreld keer om ,
sodat ek opval in die ruimte in na n swart gat
waar n ster dood is en na jou toe verskiet het

Jou huis is n drogbeeld op sy fondasie .
Jy hang met jou oë toe , skaam vir jouself by my ,
die magtelose marionet van jou poppemeester-pa
wat jou aan jou houtraam optel ,
en aanhou om jou die dinge te laat doen wat jy nie wil nie

Ek sny die tou om jou nek los en haal jou af
en dra jou soos n ongestutte winkelpop in n onnet bondel ,
en sit jou op my staangemaakde motorfiets
by my op die saal ,
met jou rug na die handvatsels toe ,
effens agteroor
om plek te maak vir my .
Ek het nie gedink ek sal jou ooit weer sien nie .
want ons is in hippie drag
wat ons stokvel-liefde adverteer ,
as ons ons koppe in mekaar se hande sit
en vorentoe leun om mekaar te soen , oop oë ,
sodat ek jou kan sien ,
want jy is my handles voor my ,
en my rearview-mirrors wat my remind hoe ek was
en ek weet jou ou ballie wou nie , maar ek het survive
die boy van die suburbs bly ride na sy girltjie toe ,
die loser het gewen ,
ons is saam op my ysterperd weg .

Dan moet ek terug .
Ek voel hoe my kop gly
soos die volgende oggend na drank ,
en ek weet ek onttrek .
Ek kyk om , die mirage-huis is weg .
Ek gaan sit op die uitsteeksel van die ou murasie
waar jou kamervenster was
waar jy eers altyd vir my gestaan en wag het .
Die boom is weer n galg .

Ek besef wat gebeur ,
dat ek moet keer .
Dit gee my n halm om aan te hang
teen die gaping onder my .
Die halm breek .
Ek gil nie as ek val nie ,
aanvaar net gelate .
My wêreld keer om ,
sodat ek opval in die ruimte in na n swart gat
waar n ster dood is en na sy graf toe verskiet het .

En jy , ou ballie , ek is befok vir jou ,
ek is die moer in , en ek gaan jou jaag ,
die draad was n vieslike vuil een , n siek daad , fokken laag .
Daar is spook , ou ballie , daar is n ghostrider op die De Deur pad ,
en hy gaan altyd by jou wees .

Jy het alles gescheme , elke gruesome detail ,
well , buckle up , want daardie draad is nou by my ,
en jy gaan hom kry .
Ek gaan hom persoonlik vir jou bring .
Daardie draad het jou bloed op .

Lekke’ nice draad oor die pad gespan
deur die girltjie se pa
vir hier‘ie ou op ‘ie ’ bike ‘
want die ‘ boy van die suburbs ’
was nie goed genoeg vir ha’
ma’ draad ons liefde nie gestop nie , ou ballie .
Ek kom nog vir jou .


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nie n bad boy
dankie vir jou pragtige bydrae tot die Water projek
5 jaar 2 maande 4 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar