Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat is my lewe, net mooi ’n nul
koud, leeg, onstuimig en woes.
iewers op weg het die noodlot gekul
want, wat my toe staar lyk maar oes.
geil koringlande in ’n oogwink vernietig
geknak – deur die hael platgeslaan.
’n gesig wat my koud laat en verdrietig
gevries, want ek stort nie ’n traan

wie sal my hart kan ontsluit
wie sal oor die dinge gesels
wie kan vir my die saak bepleit
wie sal weet wat dit alles behels
wie weet hoe dit in my skrei en hunker
al soekend na berusting en raad
geen sprankie hoop wat my kenter
alleen, van God en mensdom verlaat

is daar een op hierdie woeste wereld
wat my steun en bemoedig met geduld
my lewe is so omring deur geweld
soos die see stormagtig en wild.
deurmekaar, op afgronde en ravyne
verkil, verys, sonder vuur.
leeg, soos nag in woestyne
waar donker gevoelloos na jou tuur.

waar gaan mens heen sonder bakens
rigtingloos, dobberend in die nag
doelloos, sonder begeerte of uitdagings
geen hoop op helende redding wat wag
geen teken van ’n veilige hawe
niks wat jou toekoms wil toelag
waar is die koel reëns om te lawe
is daar niks om die pyn te versag

afgebreek, gefel tot klein fragmente,
daar is niks, nie ’n krummel wat oorbly
selfs dit het verdwyn in die elemente
die brokkies kan jy nooit ooit byeen kry
wat bly oor, alles is reeds vernietig
net beweging wat wys daar is iets
wat lewe, boweal, nogtans trietsig
nooit vêr van swepe wat piets

van kleintyd was dit spook om erkenning
om die menswees binne jou te deel
in opregtheid, in liefde – nie vergelding
asof jy elke asemteug wou steel
veragting, verkleinering, sarkasme
was daar nooit iets goed binne my
steeds slagoffer van hoon, vandalisme
dis my siel... wat onherstelbare skade ly...

hoe kom mens weer uit hierdie moeras
waar die sygsand stywer om jou vou
verstikkend, versmorend, knellend vas
soos ’n luislang sy prooi smorend hou
al wurgende, hygend na asem...
net ’n teug as die greep ietwat verslap...
jou voete soek grond...waar’s die bodem
sygend dieper, wyl lewenslus uit jou tap!

©24/11/82 Joan Lotz





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

;-)
Baie intens - is veral mal oor die laaste deel !
8 jaar 6 maande 2 dae 8 ure oud


-
puik! pragtig mma xxx
8 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Nietig verklaar!
Sou graag wou hoor hoe jy nou oor toe voel...

(Vandag sou nie kon wees sonder gister nie!)
8 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 12 ure oud


werk
Respek, ek weet hoeveel werk hierdie formaat vereis.
Jy sal dalk verbaas wees hoeveel mense soos jy voel.
8 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


die weervoorspelling
n moee lewensreisiger.
jou slotstrofe is awesome.
gaan sir buite op die gras in die warm wintersonnetjie..maak jou oe toe...en luister na die natuur.....
8 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Nietig
Sjoe! Wat 'n foltering! Dat soveel gal uit een hart kan loop en dan nog sonder 'n sprankie hoop.
Kiekies se 'vermorselde selfbeeld' beskryf dit goed.
Baie goed geskryf!
8 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


nietig verklaar
Hierdie een van lank terug is goed maar so vol van hartseer en verwesendheid. Jou tweede vers waar al die herhaling van 'wie sal/wie kan' versterk die gevoel van absolute verlatendheid. Sien dit so - toe was dit n tyd van hartseer en pyn, nou is dit die tyd vir lewe en helder sonskyn...
8 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


:'(
'n meesterstuk soos jy. Jy het daardeur gekom, jy is bevry. Hugs.
8 jaar 9 maande 2 ure oud


Nietig verklaar
Ek het dit nog net een keer gelees, maar ek hou o.a. van "waar die suigsand stywer om jou vou." Hier is hoekom: Daar is 'n verstewiging van die vers deur die alliterasie van die s-klanke, so wel as die drie aksente op "suig. sty(wer) en vou". Dit keer dat die vers nie in doodgewone prosa verval nie en laat die betekenis van daardie woorde voorrang geniet. Daar is die (toevallige?) binnerym in die assonerende ou-klanke van "jou" en "vou" wat veral deur die draende en gedrae klank van die tweeklank "ou" langdurige verwurging suggereer. Dit is oulike verstegniek. ( Gaan kyk bv. weer na die vers van Totius in "O, die pyngedagte" : "dit brand soos 'n pyl in my" waarin die y-tweeklank ( dit IS 'n tweeklank en nie 'n vokaal nie!) die voortdurendheid van die pyn suggereer. Ek dink ook dadelik aan G.A. Watermeyer se gekweste valk wat "bondel in die riet" waarin die "swikkende" tweede lettergreep van die oulike woordvonds
"bondel" die betekenis ondersteun. Fyn gedigte, hetfyn digterlike tegniek! Hoop dit help! Ingnoreer dit andersinds maar net!
8 jaar 9 maande 16 ure oud


NIETIG
Ek hoop hierdie gedig was lange jare terug geskryf!! Dis 'n puik gedig wat siel-seer en vermorselde selfbeeld so treffend uitbeeld. Ek loop weg, aangesteek deur die pyn.
8 jaar 9 maande 18 ure oud


Nietig
Ek hou van die rympatroon wat so effe wyer is. Jou gedig en hunkering laat my aan 'n ou song van Maureen Mcgovern dink;
(Ek het die effens aangepas)
"there's got to be a morning after
waiting just outside the storm...."
8 jaar 9 maande 19 ure oud


Nietig
Woorde van daardie jare, goed geskryf oor 'n hart gesluit in boeie, toegesluit in 'n donker kamer. Dankie tog vir 2011 en die vrye hart en lig!
Luvviesxxxxxxxxxxxxx
8 jaar 9 maande 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar