Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek het niks om oor
te skryf nie
daarom sit en skryf ek
oor die feit / aanname / gerug
dat ek niks het om
oor te skryf nie

doelloos vloei die pen se punt
oor papier
woorde dissekteer gedagtes
en stort bloed op die
tabula rasa van ’n
verstand wat lankal te moeg is
om te dink

as ek iets het om oor
te skryf, konformeer ek
skandeloos tot die getjirp
van ’n besete
skaap / voël / blom / sonstraal
of stront

dalk praat ek stront
maar skryf ek sin(neloos)
en word my siel swanger
met die trauma van my
kindertyd se drome




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

N.I.K.S.
Briljante einde en `n uitstekende titel. Defnitief een van jou (baie) bestes
4 jaar 10 maande 13 ure oud


niks
Ek wil jou egter 'n pluimpie gee met hierdie bydrae, dis een van jou bestes wat woordgebruik betref en probeer op positiewe manier die "strooi" van die verlede uit jou sisteem kry hier op papier, wie weet dalk net dalk doen dit iets vir die siel.
4 jaar 10 maande 1 week 10 ure oud


N.I.K.S. (Neurotiese Inklusiewe Konformerende Stront)
Slim titel. Slim inhoud. En die trauma van kindertyd se drome smeek om vertel te word dink ek...
4 jaar 10 maande 1 week 15 ure oud


N.I.K.S.
Ek laaik hierdie stront storie van jou sommer baie.
4 jaar 10 maande 1 week 23 ure oud


niks
Ek dink dis baie goed geskryf. Die laaste strofe sit mens aan die wonder :-)
4 jaar 10 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


N.I.K.S
hierdie is goed gepen.. ek dink jy beskryf elke skrywer hier... ek voel presies soos jy op die oomblik... N.I.K.S
4 jaar 10 maande 1 week 1 dag 8 ure oud


N.I.K.S
Skerp geskryf!
Hmmm... Jy kielie 'n kwessie wat hier rondom my spook..
Ek hou van :)
4 jaar 10 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar