Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Feëtjie in 'n fraaie rok
van skitterwit satyn
het een aand . . .
omstreeks middernag
in die donker bos
verskyn.

Die lug was koel en wasig
die hemel byna swart
en in die mik
van 'n ou kalander
het die feë-kind
gestaan . . . en lag.

Sy had geen skoene
aan haar voetjies klein
haar rok was op haar knieg
en in die palm van haar hand
het die sekelmaan gelê
. . . en wieg . . .

'n Sprinkeling van sterrestof
het gevonkel en gebrand
gestrooi oor tak en boomstambas
en paadjies . . .
wat kronkel-kronkel
deur die sand.

Al dansend was sy doenig
op die krom kalandertak
ballet en wals en two-step
vir ure lank –
en toe . . .
het sy die sekelmaan laat sak.

Want in die vroeë môre
toe oosterson se eerste rooi
'n skemering deur Donkerbos
se groot ou bome gooi . . .
het die feë-kind – skielik –
vaak geword
en op die plek het sy gaan sit . . .

Haar mantel van indigo blou
het sy sagkens om haar lyf gevou,
haar kop laat sak . . .
haar ogies toe gemaak
en toe net daar
(sommerso)
in die donker bos
. . . weggeraak . . .




C. Shaw
27 Mei 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sommer
Jy maak my sommer lus vir skryf. Dit is so 'n lekker binnekant
gevoel soos gedig. Klein dogtertjie drome met groot woorde.
5 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


Bos.
Ek stem 100% saam met elke kommentaar. Ons wag vir daai kinderboek!!
5 jaar 9 maande oud


O ja ...
en ek sal gráág jou kinderboeke vir jou (wil) illustreer!
5 jaar 9 maande 1 uur oud


Ek ...
hang aan jou lippe! (Niks hak vir my nie!) Jy't my opgeswiep, feëtjie!
5 jaar 9 maande 1 uur oud


foto 1
Carma ek is altyd laat met my kommentaar maar ek sal by Anze en Karmenaadjie inval
5 jaar 9 maande 9 ure oud


bos 2
hierdie gedig is nou n fantastiese fantasie gediggie.. mal oor hom ... jy moet rerig n kinderboek uitbring... jy verstaan die kuns om dinge deur die oe van n kind te vertel.. weereens PUIK gepen!!!!
5 jaar 9 maande 15 ure oud


Fee
Om in 'n fantasiewereld te ontnap, stroop mens van stres!

en in kindwees en verbeeldingsvlugte vind mens weer jouself!

Puik, en natuurlik is ek daai fairy!
5 jaar 9 maande 15 ure oud


Hmmmmmm
Ek stem saam met Rudi oor die kinderboeke.
(Vir kinders van alle ouderdomme.)
Soos Lord of the rings, maar net sonder die geweld. ;-)
Ek het nie so 'n afkeer aan die toevou soos Rudi nie, maar die hele beeld werk in elk geval vir my.
Baie goed gedoen.
5 jaar 9 maande 15 ure oud


die weervoorspelling
smile.
jy sleur mens mee...
(en selfs al haat ek die woord 'omvou'[of 'toevou' of enige vou-woord]in n gedig,haat ek di tnie hier nie...dis eintlik so opgebruikte misbruikte woord...en mens frakin kry dit in elke 5de gedig...maar hier steur dit nie)
..ek dink die vers haak-haak nog so een of twee plekke..en miskien kan jy nog bietjie daaraan skaaf....
Maar as leser los jy mu happy.
Jy moet kinderboeke skryf..in digvorm..met illustrasies.
5 jaar 9 maande 16 ure oud


***
Oulike storie wat jy hier opdis -- 'n lekker verbeeldingsvlug, nè?
5 jaar 9 maande 16 ure oud


Wow
Dit is verskriklik mooi.
Jou eerste twee strofes is onverbeterlik!

Ek hou baie hiervan, kon die hele affêre so voor my sien afspeel ... en jy skryf oor 'n fee en oor die maan en dis twee van my gunstelinge !
5 jaar 9 maande 19 ure oud


Fee
Jong hoe pragtig skets jy die dans en fee. En daardeur kom sy elke ker terug.
5 jaar 9 maande 19 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar