Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek wil jou terug hê,
met die seerste hart.
Ek wil nie hê iemand anders
moet ooit só aan my vat.

Ek wil weer en weer,
jou hand vashou
ek wil oopenlik kan sê;
"Ek is lief vir jou."

Ek wil miljoene gedigte skryf
Getiteld; Net vir Stefan.
O my lief
hoe ek wens ek kan.

Ek wil jou Ford Fiesta
weer voor my hek sien,
ek wil weer voel
dat ek jou liefde verdien.

Ek wil weer saam jou droom
oor ons plaas, beeste en 'n stal.
Ek wil jou so graag terug hê,
dis al.

Maar so lief as wat ek jou het,
so graag soos ek jou terug soek,
weet ek vir 'n feit
dat ek jou hart sal kroek.

Toe ons bymekaar gekom het,
was my hart op merke, gereed, hê lief
maar jou hart was ongereed
vas gepen - tentatief.

Nou het die tafels gedraai
mý hart is vasgesluit
my kop is weggedraai
die wêreld weggewys.

So ja, ek wil jou terug hê
met die seerste seerste hart
maar voordat ek weer 'n verhouding oorweeg
sal ek eers "eie-tyd" moet vat.

Al het ek jou lief
al mis ek jou só,
weet ek daar's 'n ander plan
vanaf die Man daar bó.

Dalk is ons bedoel
om eendag saam te wees,
dalk is ons gemaak
gees tot gees

en al hoop ek dis die waarheid
al hoop ek ons 's bedoel
weet ek dat ek werklik
niks meer vir jou voel

Ek weet ek mis jou
en wie ons saam was,
maar ek weet dat ek weet
ons nie nou bymekaar pas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar