Gedigte

Titel: Nogtans...
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Al sou dit vir maande aaneen nie reën nie en die veld en plantegroei van droogte kwyn,

al sou die boere se oeste misluk en hul landerye geen oeste oplewer nie,

al sou hulle kleinvee omkom van honger en dors en hulle beeste hemelwaarts staar vir uitkoms,

al sou die son die aarde verskroei en uitdor tot 'n woestyn en die weerprofete 'n ongekende droogte voorspel,

al sou die land tot 'n rampgebied verklaar word en die regering se hulp gevra word,

nogtans sal ek in die Here jubbel, sal ek juig in God my redder.

Die Here my God versamel die wolke en winde en op die bestemde tye en plekke laat hy dit reën. Hy laat dit reën oor regverdiges en onregverdiges.

Die Here my God, Hy is die maker van die reën!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nogtans
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 2 maande 1 week 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar