Gedigte

Titel: Nokturne
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou vir jou skryf
oor wat ek nooit kan sê

ek wou vir jou die woorde
een vir een uitlê

ek het saggies bly neurie
oor wat nooit kan wees

ek wou die roerende note
vir jou sielsmooi hart voorlees

maar al wat ek kon uitkry
was woordlose akkoorde

van dit wat ek weet
ek moet vergeet –

want wat ons skei
is soveel groter
as ek en jy...

© C. Potgieter 2013-11-25



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek dink...
jou vers is volmaak.
6 jaar 4 maande 1 week 23 ure oud


Nokturne
Uit die boonste rakke.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


Groter
Ek hou daarvan dat die slot 'n mens laat wonder oor die groter skeiding, soos 'n Japanese tuin wil jy gaan soek na die verborgenheid wat wegkruip om die volgende draai.

***


6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


Nokturn
Vir my is dit pragtig Charmain, elke reel so kosbaar.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


O
Eerstens, ek weet nie van fancy name soos nokturnes en goed nie maar ek weet wanneer iets mooi en goed is, tweedens, klink soos my storie wat jy daaar skryf, baie mooi
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


die weervoorspelling
en daar word die res van my kommentaar weereens weggegooi.....
>>die res lees plek-plek te rukkerig..dink daar is n probleem met die sinskonstruksie.(dit vloei net nie..)...kan dalk hier en daar n woord omruil of vervang..en bietjie fine tune.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


die weervoorspelling
jou slot is n wenner.
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


.
hartseer maar mooi geskryf!
6 jaar 4 maande 1 week 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar