Gedigte

Titel: Noodgeval
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dringend drink ek jou in
      it’s been too long
how long has it been ?

Ek was ñ kaalvoetkettieklong
en jy ñ rooikopvlegselrabbedoe

– dit was in die vroeë 70’s
onthou jy nog ?

Dringend drink ek jou in
      dit was veels te lank
dit was ñ sin !

Jy was ñ bobperskopkunsstudent
en ek ñ borselkopinfanteriesoldaat

– dit was in die vroeë 80’s
onthou jy nog ?

Dringend drink ek jou in
      en kan jy glo daar was
ñ 20jaar spasie tussen-in ...

Ek was in ñ saamblyverhouding
en jy’t op trou gestaan

– dit was in die vroeë 90’s
koffie by Cafe Riche onthou jy nog ? ! ...

Dringend drink ek jou in
< bekende duiweltjies in jou oë
en op my bakkies ... ñ happy grin .

      Ja , kan jy glo .


( 09/02/2016 19h55 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nood
Ek kan glo ja, maar kan jy?

Jy roep soveel herinneringe in my gedagtes op!

Baie goeie gedig!
3 jaar 9 maande 6 dae 14 ure oud


noodwendig
Goeie skrywe Rudi.
Die skakel wil nie werk nie, sou graag wou sien wat agter die gordyn gebeur.
3 jaar 9 maande 6 dae 19 ure oud


Noodgeval
Noodgeval... of na 20 jaar weer géval? Dit klink so bekend.

Oo donner, ek bly liewer stil.

Goed geskryf Rudi, I like.

3 jaar 9 maande 1 week 13 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar