Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sal ek nooit weer
passievol
kan juig
as 'n buiteperd
se onpaar-pote
eerste
die wenpaal haal nie;
as 'n tweedespan
diep uit die wenbeker
se barstende borrels kan drink nie?

Sal ek dan nie
die lag van 'n kleuter
se kleinogies-skater
in my hartebloed
vas wil hou nie;
'n verlepte blommetjie
se nekkie-lig toelaat
om my oë, dankbaar
laat water nie?

Maar die lus
is lou
as 'n hart verkluim
en ek bibber
dié winter
hartseer
om...

Genadiglik is seerkry net tydelik,
stoflik van aard – dan
is dit verby;
begrawe
in 'n diep graf van stilte:

vergeet my –
nooit?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

oor vir altyd en verganklikheid..
Die groot vrae en klein dingetjies wat sin soek en die lewe moeite werd maak - as mens net deur die koue kan seisoen...


en ek bibber
dié winter
hartseer
om...

Jy het aan die fraiings van my siel kom torring vandag. STUNNING gedoen!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


Jy is reg! So reg. Seerkry is nie vir altyd nie>>> al voel dit soms so! Goeie werk!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


Baie hartseer...mooi, Rina...diep woorde!
9 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud



Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar