Gedigte

Titel: Nou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek is sterk en bang en swak en meer
as trane tap, probeer ek nie eers keer,
ek vou jou toe in my gebed
en voel in elke boodskap
van ‘n nabymens,
ons eie hartewens:
dat jy tog sal genees
dat ons weer eendag sààm
aan tafel sal kan sit,
sààm sal lag en voëls bekyk
wat in die tuin kom kuier
as die skemer daal,
of sommer net ‘n ent gaan stap
op ‘n voetpad in die bos
waar die reuk van grond
mens nimmer-nooit mos los,
dààr waar ons spore in die sand bly lê
dààr waar sagte stiltes alles sê



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nou
dis maak my hartseer dis so mooi gepen
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Nou
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


***
Mooi en teer beskryf, Elizabeth.
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar