Dis 00h08 die oggend
ek sit hier by SARS in die ry
en lees 50 Shades of Grey
= ek is nommer 69 .
Ja , soms gooi die lewe jou humor
en soms die middelvinger
en soms soms albei .
( Ek wonder of dit moedswillig is
en of dit net random is ) .
Anyway , ñ uur later
teen die tyd dat hulle
nommer 30 uitroep
is ek al witwarm onder die ... ehm ... belt
en begin my ogies die toilet soek ...
35 minute later net toe ek
lekker ritme begin vang
en fyndraai al doer voor in die pad kan sien
hoor ek hoe hulle my nomme roep
“ 69 ! 69 ! Nr 69 ! ”
“ fok die staatsdepartemente
het ook net geen respek
vir mens se ... ehm..tydjie
met jouself nie ”
brom ek binnesmonds terwyl ek
tergelyke tyd met een hand
my onderbroekie optrek
en met my ander hand my broek .
Ek gryp my Kindle
en storm by die toilet uit .
Toe roep hulle al nr 71 .
( 17/12/2015 10h02 )