Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

N agblou
U ltra-marine
A suur
N uanses van blou
S o skilder ek jou
E n staar na jou in blou
S al jou deur blou onthou

V ir ewig behou
A ltyd
N uanses van jou

J ou gesig op my muur
O p my doek vasgevang
U ltra-marine, kobalt en asuur ...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Blou
Ek hou hiervan -- baie oorspronklik en verfrissend -- kry sommer lus om my esel staan te maak...
7 jaar 4 maande 21 ure oud


NUANSE
Dis baie oorspronklik gedoen! Diep diep blou.
7 jaar 4 maande 1 dag 5 ure oud


Woord-skakerings
Soos professor HAT "hoor" ek ook nuwe nuanses in hierdie gedig van jou. En ek hou baie van jou woord-skakerings.
7 jaar 4 maande 1 dag 8 ure oud


Nuanses
Die nuanses word treffend visueel verbeeld in die gedig. 'n Dromerige gedig met 'n eteriese kwaliteit...vir ewig.
7 jaar 4 maande 1 dag 10 ure oud


Houdini
Ek wroeg nie altyd in my gedigte nie, hehe. Soms speel, ontleed en grap ek ook ... :)
7 jaar 4 maande 1 dag 17 ure oud


nuanses
jou denk is verbasend ... en ek sukkel om die 'jou' toe te skryf aan een persoon; dink eer digteres gee uiting iets soos naasteliefde of respek vir die verskeidenheid van siele om ons ? As ek verkeerd is loop daar `n GELUKKIGE 'jou' êrens :)
7 jaar 4 maande 1 dag 17 ure oud


Spasie
Eintlik is daar nie veronderstel om 'n spasie te wees nie, maar ek het dit bloot gedoen vir visuele effek ... :)
7 jaar 4 maande 1 dag 18 ure oud



vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar