Weergawe: 1
Aantal woorde: 114
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 10 Jan 2016
maar ek moet jou soen
ek moet jou proe.
Ek mors jou liefde bietjies-bietjies
soos 'n oorvol glas wyn
vlek ek my gedagtes rooi met jou.
Gooi jou akkers in my tuin
skiet jou wortels deur my siel
ek moet jou sien
ek moet jou voel
ek moet versmoor teen jou vel.
Mors jou nektar oor my lippe.
Besoedel my met jou rook.
Red my van die dood
my demone hardloop almal weg vir jou.
Dankie.
Ek weet ek is sleg vir jou.
Ek bemors en vlek
jou wit lakens met my gedagtes
my siel skeur uitmekaar in jou teenwoordigheid.
Alles maak weer sin vir my.
Dankie.
Lees ander gedigte deur Pieter Oosthuizen
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Christo Nel
'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.