Gedigte

Titel: Obsessie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek nie elke oomblik
by die een kan wees wie ek lief het nie ,
hoekom nog wees ? .
As ek op aarde
nooit die een mag sien wie my laat sien nie ,
hoekom nog sien ? .
As ek nooit die een sal kry
wie ek wil hê nie ,
hoekom nog soek ? .

As ek nie vir jou sal wag
tot ek jou kry nie ,
hoekom nog wag ? .
As ek niks op hierdie aarde lief het
behalwe vir jou nie , hoekom nog lief hê ? .
As ek nie vir jou sal dood gaan nie ,
hoekom nog lewe ? .

Ek ken jou , en ek kan God
vir geen groter wysheid vra nie .
Geen goud vou om my
as jy nie om my vou nie .
As ek jou engel wil word ,
en God laat dit so wees
en Hy sien dit is goed so ,
hoekom nog bang wees ? .
Ek het jou lief in jou ,
soos net God in Jesus kan in loop
het ek jou lief in my .
Ek kyk na jou soos n wolk
wat na die aarde kyk en sag bly ,
sien verby jou spieël ,
verby jou ruimte se sterre-wiel

Ek ken jou ,
jou lyne het almal soos die treksels
van n potloodskets vir my bymekaar gekom .
ek ken jou , en niks maak sin
as ek nie teken nie .
Ek is die handjie-herfsblare
wat jou in jou strate dra op aarde ,
die bome wat lyk soos vuur ,
die voëls wat saam jou op die ryp trap .
skeursels weerlig as ek breek vir jou part ,

Ek vrees nie dit wat God gemaak het
toe lig donker geraak het nie ,
draai maar om , ek is hier .
Waarom is ek
as jy nie die rede vir my is nie ?
Wat is my lewe maar ? .
n Proloog tot die dood ,
een wat net bestaan ,
en net sterf .

Draai maar terug , ek is daar ,
die Lente wat die Somer vir jou bloei ,
die Hemel wat reën vir jou vloei ,
en dan n reënboog vir jou groei .
Kyk maar op , ek is ook daar ,
ek is rondom jou ,
een wat nie verdwyn soos mis
voor die son wat gloei nie .
Dit wat ek nog moet wees
is sterker as die dood


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

obsessie
sjoe jy het baie baie diep gedagtes hier vasgepen...
5 jaar 1 maand 2 weke 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar