glas in my are
want ek het jou nie
en daar is niks wat ek kan doen om jou te kry nie , jy
is so deursigtig mooi , maar
vir my is jy verbode , tog
is God genade , want n mens
gaan nie dood nie , jy word net onsigbaar
en kan enigiets doen , so dalk
hoef ek nie te voel nie , en miskien
word ek net onsigbaar
en kan so by jou wees
Alles , jou oë , jou siel , jou trane ,
jou vel , jou liggaam , jou hande ,
jou asem en ljou lag ,
jou nag en jou dag
alles kan ek altyd
aanraak en nooit ophou om
die liefdesdeel van God se skepping
wie jy is te ervaar nie .
Maar vir nou en tot dan
is ek n mens en tyd n kruis
en die lewe spykers in my hande
want ek het jou nie
en dit is nie God se wil
dat my hande loskom nie , net
net dat my arms uitgestrek
om my mis te meet uitgestrek bly
As ek my gees stukkend
In Sy hande oorgee
wil ek hê jy moet weet
dat Hy jou gaan sien
- Cornè Etchells
Lees ander gedigte deur die skuil
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur helna
Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.