Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek vir jou val , val ek regdeur ,
ek kan jou nie verduidelik nie ,
jy is net hier , ek kan jou nie bere nie ,
jy is altyd nuut , jy is my innervisie ,
my introspeksie , jy is aansteeklik , onverganklik ,
jy is wonderlik nog voor ek aan jou raak ,
en voor jy nog aan my raak voel ek al klaar wat jy aan my doen ,

Ek het nie nodig om te leer om jou lief te he nie ,
ek het nie nodig om te sien om te weet waar gaan ons heen nie .
Net my een lewe is nie genoeg om vir jou te gee nie ,
my liefde wil groter wees as dit ,
meer as net nie wil he jy moet dood gaan nie ,
ek wil oor en oor vir jou dood gaan , om weer en weer in jou arms te kan le terwyl ek jou trane elke keer kan afvee ,
en afvee , en elke keer as jy wens ,
ek wil saam jou daar opstaan wil ek jou wens waar maak .

Jou stiltes alleen is meer werd
as al my woorde as ek net vir jou kyk terwyl jy net...
is ek is wat ek nooit sou wees nie ,
want jou wese het my gemaak wat ek nooit was nie .
Sonder dat jy iets hoef te doen ,
deur net jy te wees , is ek .

Toe ek n bedelaar was het jy vir my gegee ,
toe ek arm was wou jy my ken ,
toe rowers my aangeval het ,
het jy nie verlangs verbygeloop nie ,
toe ek siek was het jy my gesond gemaak ,
toe ek in die hospitaal was het jy jou lewe vir my gegee ,
toe ek in die tronk was het jy my vrygemaak.

As my hart gebreek het het jy jou stukkend gehuil ,
jou trane het vir my geloop ,
jy was die een wat vir my vasgehou het ,
jou arms was die sirkel van my lewe ,
jou hande het my iewers ingepas .



- Corne etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ode aan jou
Liefde vra nie, dit gee in oormaat
4 jaar 11 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Anze
Baie dankie vir die besonderse woorde, ek wardeer elke woord
5 jaar oud


Ode
wow... dit is mos wat liefde is... pragtige ode aan n baie besonderse persoon!!
5 jaar 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar