Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Selfs die see
kan nie tot ruste kom
sy branders tuimel
om en om

Ken jy die see?
die kalmte, die vrede
of voel jy die bries
van ‘n bulderende wind

Hoor jy hoe blaas
die wind, huil en kreun
oor die golwe
wat nooit ophou raas

Klaend, dwalend
in die gange
van groen smarag
‘oester’ hy die geheime
van verborge skatte

‘n bonkige skip
op ‘n rotsige rif
af
af
af
reg na die bodem
reguit na die
kelders van die see

Swyg wees stil!
waar spikkels klank
mekaar met dowe asems roep
sal die oester'skulp
in die wit, en blou,en skuim
die geheim 'n ewigheid versuim




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oester geheime
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KELDERS VAN DIE SEE projek.
4 jaar 3 maande 6 dae 5 ure oud


jammer
Jammer ek bedoel Suzette.
4 jaar 3 maande 1 week 6 ure oud


oester
waar spikkels klank
mekaar met dowe asems roep

Hierdie is besonders Moekie. Pragtig gepen.
4 jaar 3 maande 1 week 6 ure oud


Oester
'n Pragtige werk.
4 jaar 3 maande 1 week 18 ure oud


see
Suzette een van joy bestes ooit. Waow
4 jaar 3 maande 1 week 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar