Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om groot te word, is om self besluite te neem
Dit is om self met die gevolge van jou aksies saam te leef
WEG is die dae toe jy ander kon blammeer vir jou sorglose bestaan
‘n Bestaan waar jy elke liewe opsie vir ontvlugting aangegryp het

Elke drankie en sigaret was deel van die groeiproses.
Jy’t alles wat jou pla uitgewoed op dansmusiek
Jy’t jou haarstyl verander om weg te hol vir die mens wat jy word
Langer bo-op? Korter langs die kant? Watter kapsel sal my diè keer pas ?

Jy’t toe in groepe begin uithang wat jou identiteit gevorm het
Later begin deelneem aan al wat ‘n party is, sonder sin
Mense begin dophou en dinge begin leer
Jy’t alles wat voorgangers gelos het absorbeer

Toe word jy die lewe van die party, die lewende legende
Later het jy liefde gevind maar gou verloor en vir jare so aangeploeter...
Liefde in jou jeug was die ekstase van aandag
Liefde in jou jeug was die erotika van ‘n lae hals

Totdat jy werklike liefde en identiteit in God ontdek het...
Het jy vry begin voel, regtig begin leef...
Begin leef na jou gees en nie na jou vlees...
Begin glo in iets groters as jouself.

Jou talle vrae het antwoorde gekry
Jy’t grootgeword...
Vinniger as wat jy gehoop het
Maar soms as jy stilsit kom die visioëne terug

Van elke drankie
elke mens
elke teleurstelling
elke aanraking
elke gebed

Alles wat jou gemaak het
Om groot te word.




Spaar Geld op Versekering


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar