Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om groot te word is anders
As om kind te wees; te speel
Daar's so baie wat verander
En veel meer wat verveel

Daar is baie verantwoordelikheid
So baie dink en kies
Niks meer kinder joligheid
Net soms so bietjie nuus

Van agt tot vyf is dit werk toe tyd
Na vyf net die verkeer
Dan nog al die andersheid
By die huis nog moet gebeur

Nog niks gepraat van die rekening
Wat maandeliks ook nog kom
Die wiel wat die stres nog nader bring
As dit van die kar af kom

Die kinders wat jou aandag soek
En manlief by die huis
Dis kos maak en die wasgoed
Voor die ligte afgaan tuis

Baie minder pamper tyd
Baie minder jy
Veel meer verantwoordelikheid
So stap die tyd verby

Amper is jy eendag oud
Jong meisie dae verby
Voel die tone sommer koud
Meer tyd nou net vir my

So word die sirkel ook voltooi
Van jong meisie tot `n vrou
So kom, ek wil jou ook graag nooi
Na vrouwees, hier en nou



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

ek wil veel eerder 'n kind bly vir die res van my lewe :) - maar ja, tyd saam met jou geliefde is oneindig kosbaar. Mooi gebeeld hier.
5 jaar 5 maande 1 week 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar