Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Só was dit nog altyd
dat alles tot 'n einde kom
selfs 'n jaar gaan ook tot niet
en daarmee saam
sy elke vreugd'
ook ieder oop of stom verdriet.

Geen dag sal hom herhaal nie
geen uur, minuut
of selfs sekond
tyd syfer ewig tog maar weg
soas water doen
oor dorre grond

maar al is die dinge wat verby is
dan wel vir goed verby
houvas ek elk herinnering . . .
selfs die wat heimlik
weer kastyding bring.

Immer klou die jaar aan my
soos skulpgruis aan my voete
soos seesand aan my skeen –
en hang om my soos rooi stof
alvoor dit mildelik kom reën.

Nogtans groet ek hierdie ou jaar
half teen my sin
so effe traag
en hoe lank hy nog aan my sal kleef
dié bly 'n ope vraag.

*

Dat alles tot 'n einde kom
eerdat die nuwe kan begin
(selfs 'n jaar moet kom tot niet)
daarin lê nog steeds vir my
'n vreemde soort
verdriet.



C. Shaw
31 Desember 2015






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ou jaar
Hartseer, afskeid is nooit lekker..
4 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 9 ure oud


ou jaar
pragtig puik ! Mooi gedig !
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 9 ure oud


Jaar ouer
Dit is hoe die lewe werk. As jy egter daaraan dink, ons gaan elke liewe oomblik, sekonde, minuut ens. 'n nuwe jaar binne want daardie minuut of sekonde sluit 'n ou jaar af.
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 12 ure oud


om 'n ou jaar te groet


Dit is nou maar die verloop: Die sienbare maak plek vir nog weer sienbares tordat alle sienbare dinge -wat feitelik maar tydelik is- uiteindelik tot niet gaan sodat die ewige alleen voortgaan. Nes die groet van die oujaar, jaar na lkaar, totdat die laaste Oujaar aanbreek...

Mag hierdie jaar vir jou groot seën inhou; mag vrede jou looppad wees; mag geloof, hoop en liefde -soos bedoel in Korinthiërs 13- vir jou die meetsnoere wees wat op die regte plekke val!
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 13 ure oud


groet
Pragtig Carma. Op ons ouderdom is elke jaar nie net n jaar wat ons groet nie maar ook in die hart ou spoorweg kollegas wat nie meer daar is nie. Ons ou groepie uit die sestiger jare word al kleiner
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 21 ure oud


groet
Mooi gepen.
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 21 ure oud


Groet . . .
en so voel mý hart ook!

Ai toggie. Jy skryf darem nou maar net móóier as mooi!
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 4 ure oud


Jaar. . .
"Selfs 'n jaar moet kom tot niet. . .'n vreemde soort verdriet." Sielsmooi neergepen.
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 5 ure oud


Oujaar
Perfek opgesom en saamgevat. ...Daarin le nog steeds vir my 'n vreemde soort verdriet. Vanaand is ek stoksiel alleen hier in Durnacol. Ouvrou en familie in Gauteng. Gaan nou-nou 'n vuurtjie maak vir my alleen skaapstertpotjie. Dan gaan ek 'n glasie lig op al my Woesvrinne en sommer net retrospeksie hou.
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 5 ure oud


oujaar
Ja, dit is atyd swaar om afskeid te neem. Ook van 'n jaar. Laasjaar het my helfte nog gelewe en nou is hy weg. Maar soos jy terstond se, die herinnering bly.

Pragtige werk V,
Jy het die essensie van dit alles perfek vasgevang.
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 6 ure oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar