Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sit met my Rosy styf teen my lyf,
Saggies oor haar oortjies hou ek aan vryf.
In die donker tye hou ek haar vas.
Van plek tot plek bly sy in my tas.
Al is sy klein is sy vir my mooi,
Al is sy oud en verblyk, hou ek van die rooi.

Liewe Jesus sê ek moet Rosy laatgaan,
Maar in my hartjie kan ek nie verstaan?
Wat gaan dan met my gebeur?
Gaan ek dan alleen in die donker moet verkeer?
Ek gaan alleen wees as ek Rosy moet opgee,
Ek gaan niemand hê,
wat my saam my kan koek en tee.

Maar tog vind ek die krag om Rosy op te gee,
Toe ek wil sê :”maar ek kan nie verstaan”
Antwoord God saggies: “ek sal my kinders nooit alleen laat staan”
Stadig waai die windjie ‘n vreemde deur oop,
En daar sien ek iets wat geld nie sal kan koop,
‘n groter Teddy met ‘n hartjie op sy bors,
‘n geskenk van God wat ek nie kan mors.

Dis ‘n liggie vir as ons in die donker vassit,
Dis ‘n helderrooi vriendin wat saam my kan aanhou bid.
Dankie sê ek nou aan God, vir die krag vir my om Rosy te laat gaan,


Want toe gee Hy aan my, ‘n groter, mooier Teddy wat nou weer orals saam my kan gaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

teddy
ai dis pragtig, so sag en teer en dan die besef God is daar in elke skaduwee met elke tree met elke asem, is God altyd daar.
5 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar