Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hy vra of ek olraait is
ek huiwer om ja te sê
vandag was weer ’n rit in die
linkerbaan gewees
met hoofpyn en walging wat van oral
in my liggaam
opstoot

gister was amper soos vandag
die geraamte se vinger was swart
my trane bid tot die poorte
van die Hemel
ontevrede besinnings – ek ontlont
my angs met die kenteken van hordes ander
vanwaar die totaliteit in geboorte
verwys na ondergang vind ek my lewe
op die bed in die donker
ek hoop op verligting

haar staar is fassinerend
maar ongemaklik
die meter tik krag en geduld
stadigaan
af

maar met elke draai van
die seisoen vind ek
egter steeds 'n legio redes
om te bly
lewe



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

om te bly lewe
LOVE dit!!!
4 jaar 10 maande 2 weke 1 dag oud


om te bly lewe
Ek het dit baie gevoel, so beautiful.
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud


om te bly lewe
ek wil met Rudi saamstem.. hierdie is PUIK gepen!!
4 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


Lewe
Mal hieroor.
4 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


f*&^%$ incredible werk
wat meer kan ek se..een van jou HEEL bestes.
**************
4 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar