Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Houtkruise lê wind verweer
waar hittegolwe sinkplaat-dans
op stil vlaktes van gister

verwysings na seeroog en braakland
lê verder klem
waar drome miershoop in vlak grafte

God en mens verlate
'n doodse aarde
ontneem van selfs ‘n hemelblou en
beloftes van seën,
die plek waar selfs die doodsengel
nie sy verskyning maak nie
'n groteske niks
geen plaag
niks

tog smag ek na so plek
na ‘n skaarploeg
wat kleigrond kloof
in dooie rooi se koue winters,
waar selfs kakiebos soek na groen
aan die ander kant van hier

in hierdie verlatenheid
sal ek weer leer voel
waarlik voel hoe lewe deur my are vloei
waar stilte musiek vir my gees sal wees,
waar tyd nie bestaan
waar hoop en geloof my weer sal heel
van my swarte smarte

op my knieë
graaf my bleek hande
in vlak grafte van seer,
in die dieprooi van onthou -
dis tyd om te laat gaan
ek gaan dit maak.

BennyB
25/07/2011 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Om te laat gaan
...in vlak grafte van seer... treffend, hartseer-mooi.
8 jaar 10 maande 2 dae oud


Wow!
Baie goed, Benny, diep seer woordebeelde!
8 jaar 10 maande 3 dae 21 ure oud


...
Treffende beeldspraak versinnebeeld eerlike emosie - baie goed!
8 jaar 10 maande 3 dae 22 ure oud


Om te laat gaan
"waar stilte musiek vir my gees sal wees" - Dis pragtig gestel! Wanneer 'n mens só op jou eentjie stil kan raak en tuis voel daarmee, dan het jy waarlik vrede met jouself en met die lewe.
8 jaar 10 maande 4 dae oud


=)
BEAUTIFUL.. SJOE
8 jaar 10 maande 4 dae 2 ure oud


...te laat gaan
Jy het gewerk aan hierdie een
en goed gedoen.
8 jaar 10 maande 4 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DAG VAN DIE BLOEISEL

    deur Johann P. Boshoff

    "Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar