Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

elk Augustus sal Acasias
naak in velde staan
en ritselende winde
sal koud . . . en waterloos
deur bleek en dor savannas gaan

dorings strak . . . in winterwit
sal - ontblote - teen die kaal
van bruingedroogde takke sit
wyl graslote hul plig versuim
en weier om te halm
nog minder . . . sal hul pluim

en sand sal stof . . . en klei sal kraak
waar die aard'se kors haar mond oopmaak
en in bar gebed
haar asem mors
"ag, Hemel . . . hoor my
ék . . . ek het dors"





C. Shaw
30 September 2014




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

CARMA!
Hou op! Jy maak my skaam! Ek het nie woorde om die te beskryf nie...
5 jaar 4 maande 3 weke 21 ure oud


PIERNEEF
Na die plasing van jou foto's het jy genoem dat "almal" op Woes skilder!! Jy het sopas bewys dat jy ook met woorde KAN Pierneef! Pragtig in die oortreffende trap!
5 jaar 4 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


Pierneef
Ek klim op my stoel en steek my hanne in die lug om vir jou luide applous te gee en as dit nie genoeg is nie steek ek my duim en wysvinger in my mond en fluit met bol-wange!!
5 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


pierneef
klap klap klap, staande ovasie vir jou vir hierdie pragwerk
5 jaar 5 maande 11 ure oud


Pierneef
Goeie genade! so mooi het ek wragtie nog nooit gelees nie, dis net ongelooflik en uitstekend gepen. Wow! u go girl!!!!
5 jaar 5 maande 14 ure oud


Volmaak!
Soos 'n Pierneef.
5 jaar 5 maande 22 ure oud


Pierneef
Dis goed uitgebeeld, proe die dors!
5 jaar 5 maande 1 dag oud


!
Baie goed geskryf.
Die doringbome-beeld laat my na my grootwordplek verlang.
5 jaar 5 maande 1 dag 1 uur oud


die weervoorspelling
n Ware meestestuk...
jip..en jou titel is so gepas.
(ekt wel en voorstel vir jou slot:ek..ek is dors)
5 jaar 5 maande 1 dag 2 ure oud


Pierneef
Ek is sprakeloos. Ek voel die ysige Augustuswindjie. Sien die gebarste dorre aarde. Is die ou lewe nie ook soms so nie?
5 jaar 5 maande 1 dag 5 ure oud


.
PRAGTIG !

Ek kan jou dit hoor voorlees. Dink jy moet maar vir Natalia nader sleep ...

(Hierdie gedig wys hoekom Daniël dink jy skryf soos Langenhoven!)
5 jaar 5 maande 1 dag 6 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar