Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir eers was dit soos 'n swaard
wat stadig in my hart gesteek word
Emosies het verdwaal sonder voorgeskrewe kaart
Maar die duur daarvan kort

Elke letter wat uitborrel het vryheid geskree
Soos stomende lawa uit 'n vulkaan
Elke druppel ink het van vooraf bevryding gegee
Emosies het mekaar gevind en opnuut verstaan

Nuwe woorde het net gevorm hulself neergelê
Skuilplek gevind tussen maande se stilte
Om met mening te besef daar is soveel om te sê
Wat die hart moet uitbasuin in oorverdowende krete

Die ontlading veroorsaak 'n metamorfose
Van opgehoopte gevoelens in gevangenisskap
Na 'n kaal gestroopte leë wese
in 'n lappieslewe aanmekaar geplak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

;-)
Goed gedoen !
7 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


mal hieroor
Ek hou veral van die tweede en derde strofes. Maar wat is 'n metamorfose?
7 jaar 11 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


nice
die prys van vryheid
8 jaar 2 weke 6 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar