Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

staan ek met 'n moerse verkoue
neus wat loop
oë wat traan
lyf wat vermoeid en traag
agter my gees aansleep.

Drie bokse tissues reeds opgebruik
my neus se vleuels is deurgesnuit.

Het iemand dalk raad
wat my ego nie verder kan skaad?
Ek lyk soos 'n nar
rooi neus en al.

Gatvol is nie die woord
en tog gaan die winter ongestoord
haar gang
want vir my is sy nie bang...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onderste-bo
Skies maar ek velekker my nou aan jou snotty attitude, want dit maak vir 'n lekker gedig!
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


Lekker gelees aan jou tong-in-die-kies gedig.
7 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


verkoue
Aaklige gevoel daai ... jy kan nie asem kry nie, jou oe traan en boonop is jou neus rooi geblaas ... sterkte, vriend!
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


neusverkoue
ek het 'n kleurling vriend,wat ryk word met die verkoop van *a*papier.hierdie winter kon ek ook iemand stinkryk gemaak het
7 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


Ek vind dit baie koddig en baie goed...Darem het die snotneus nie die kreatiewe sy onder gekry nie...
Sterkte, maar welgedaan...☺
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Omgedop
Hier moet ek nou eers stilstaan.
Let wel, ek gaan niks sê nie, jy het dit alreeds onomkeerbaar, onherroeplik en blatant uitdagend.
Jy begin met 'Omgedop"
Wie en wat het /is/word/waar - omgedop?
Waarvoor? Vir welke absurd-duistere/ sensasie/rede/doel/lus?
word 'dit' omgedop?
Waar kom ek aan al hierdie bedoelinge ?
Jy sê dit. En jy identifiseer
Die winter as VROU!
Met al haar verborge luste en drange
gure en doelgerigte gange

Mooi, baie, baie mooi!
sensasioneel en romanties
snotneus en al
7 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar