Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kronkelboom
se lae bruin tak
laat die blare bo my
hang soos ’n dak

en ek wag vir jou
in die skadu
net voor die stukkie son

ek wag
met my hart
polsend in my hande,

want jy het belowe
jy sal weer
hierlangs kom.

Die kronkelboom
se lae bruin tak
laat die blare bo my
hang soos ’n dak.

Maar my hart gaan klop
net tot die son sak
wanneer ek dit sal moet bêre
en vir goed wegstap.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Oi man dis mooi!!!
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


blaredak
sommer baie mooi gepen!!!
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


Blaredak
Uitstaande.
5 jaar 9 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


Ano
blare
Sjoe, hoop die uitkoms van die wag het die regte antwoord gebring.
5 jaar 9 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


blaredak
anria jy verbeter met elke werk. Pagtig ek word al groter fan van jou
5 jaar 9 maande 1 week 5 dae 17 ure oud


die weervoorspelling
goed gedoen....
ek hou van die herhaling
5 jaar 9 maande 1 week 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar