Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hulle sal die skuldlas
neerlê – in sewevoudige versinsels
van besmette
bloed

’n deur na die hart van die
ikoon van sonde
staan oop, gereed vir
gevallenes om verwensings
in wanordelike
stemtone na die ore van
’n ondier te laat
daal

wanneer haar stem
donker materie beliggaam
en blydskap soos ’n honger kind
aan die venster klop
speel ek met poppe wat in
flarde van ’n geestelike
oorlog gewortel is

stigmas is konstrukte waarin
verdoemdes langsamerhand
oor die wonde van ontslapenes
streel




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ek hou van hierdie uitstekende gedig. Jou slot is uitstaande.
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae oud


die weervoorspelling
love jou 2de laaste strofe
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


duiwel
Voortreflike woordgebruik.
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


onder draai die duiwel
ai tog die oordeel van ander....

puik gepen
... hulle sal die skuldlas
neerlê – in sewevoudige versinsels
van besmette
bloed....
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar