Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier loop ek weer,
dieselfde stofpad,
ek oorkruis my vorige spore,
ek stink na bloed

My water is min,
Die bestemming onbekend,
Die son skyn heeltyd,
geen rus in sig.

En ek geniet die wind,
wat my sweet laat afkoel
Ek geniet my ritmiese asemhaling,
net nog een tree

Hier voor my is die kruispad,
maar ek gaan altyd regs
elke keer eindig ek net weer hier op
links
links is moeilik.

Ek probeer vorentoe kyk,
ek probeer sien
Maar die toekoms is toe
Die toekoms is onseker
Vir almal van ons

Ek stap n paar keer weer verby myself
ons groet nie meer nie
hierdie gaan nooit ophou nie
hierdie gaan nooit stop nie...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

oneindigende kruispaaie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 5 dae 18 ure oud


kruispad
Goed geskrywe!
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


kruispaaie
Baie mooi.
4 jaar 8 maande 1 week 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bertha se Stories

    deur natasha dutton

    "...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar